Op ‘n vreeslik winderige middag het ons die fotos geneem -wie sou kon dink dat dit so ysig in die middel van November kon wees!
Marlien & Helgard was gelukkig wonderlike modelle en ons het omtrent die plaas plat gestap, daar was so ‘n klomp stunning plekke.
Geniet!
Ps – Ek kan nie wag om vir kleintjie te ontmoet in Januarie…
hoe mooi is die ge-oesde koringlande nie…

O, dit was lekker! Pragtig, dankie! Het nie gedink jy gaan enige “bruikbare” foto’s kry met die wind nie, maar hierdie klompie is vreeslik mooi!