Sjoe, ek het omtrent uitgesien na hierdie Karoo troue van Eugenie en Piet. En wat ongelooflike lekker troue was dit nie!
Hulle het getrou op Williston, Piet se geboorte dorp. En die ver ry was alles die moeite werd.
Eugenie, Piet en hulle familie en vriende het die skousaal omskep in iets uit ‘n ander wereld. Sy het self daardie pragtige papier blomme gevou en ek bewonder nou nog die doilie dak versiering.
Alles het net reg ingepas by die Karoo troue en vir die fotos het ons omtrent speelplek gehad – geniet die toer deur Williston!
Rok: Griet De Villiers
Hare: Nassie Steenkamp
Grimering: Bruid
Blomme: Bruid se pa, Pieter Bezuidenhout en ons vriende, Hanlie en Egbert De Waal
Koek: Odette Weedon
Spyseniering: Adrene en Ters Verdoes
Nagereg: Yummi Chef Brownies. Fudge en Malvalekkkers deur bruid se ma, Anne Hilde Bezuidenhout
Dekor: Eugenie en Piet, vriende en familie
Skryfbehoeftes: Anelle van Seven Swans
DJ: Spektrum klank en musiek – Schalk van der Merwe

Dankie Maree!! Dis pragtig! Dit was nou sooo lekker om die dag te herleef. xxx
Mens kan sien dit was ‘n LEKKER troue en vol persoonlike detailtjies wat uitstaan!
Pingback: Piet & Eugenie-Lien's DIY Karoo Wedding | {Pretty Weddings, Real Love} | The Pretty Blog
Pragtig en regtig besonderse foto’s. Die atmosfeer van Karoo vasgevang…. Ek lief dit!
Pingback: 10 Ways With Bunting; Unique Ideas to Adorn Your Wedding